News & Events

Deetlefs Rosé Sorbet

Die lekkerste Rosé Sorbet ontwikkel deur Anna Carolina Alberts van Koskaskenades (SABC 2) spesiaal vir Deetlefs wyn liefhebbers!

Jy benodig:

Maak genoeg vir 4-6

1/2 bottel Stonecross Pinotage Rose

1/4 koppie (60ml) suiker

1 kaneel stokkie

2 repies lemoen skil

1 naeltjie

1 huisie gekneusde kardamom

3 eetlepels (45ml) griekse yogurt

So maak jy:

Verhit die Stonecross Pinotage Rosé net tot kookpunt saam met suiker, kaneel stokkie, repies lemoen skil, naeltjie en die huisie gekneusde kardamom.

Laat dit afkoel en giet in ysbakkies.

Vries tot hard.

Wanneer dit lekker hard gestol is verwerk dit in ’n voedsel verwerker saam met 3 eetlepels griekse yogurt.

Bedien dit onmiddelik – dit is nog lekkerder met vars bessies!

Lekker smul!

Post navigation

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *